Editor's noteLocal newsNews
Stuur vir ons ’n foto en wen Paaseiers
Die mees indrukwekkende foto wat ons ontvang sal in die uitgawe van 14 April gepubliseer word en die persoon wat die foto geneem het kan ‘n Paaseier-geskenkpak wat deur Sherwood PicknPay geskenk word wen.
Paasfees is om die draai en en die tyd raak min vir lesers van die Herald om vir ons mooi foto’s met ‘n Paastema in te stuur.
Die mees indrukwekkende foto wat ons ontvang sal in die uitgawe van 14 April gepubliseer word en die persoon wat die foto geneem het kan ‘n Paaseier-geskenkpak wat deur Sherwood PicknPay geskenk word wen.
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die foto’s ‘n Paastema moet hê. Verder kan lesers maar hul verbeelding gebruik en vir ons interessante foto’s stuur. Slegs inwoners van Brakpan se foto’s sal oorweeg word.
Die volgende is ook van toepassing:
- Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.
- Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.
- Dit is belangrik dat daar ten minste een persoon in die foto is, maar daar kan meer wees. Die name, vanne en ouderdomme van almal in die foto moet verskaf word.
- Gee ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar en wanneer dit geneem is.
- Die persoon wat die foto inskryf se naam, van, telefoonnommer en adres moet ook gemeld word.
- Foto’s kan per-epos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za. Meld die woord Paasfees in die onderwerpboks.
- Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview ingehandig word.
- Foto’s moet ons voor of op 10 April, om 9vm, bereik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



