Drie lede wat Dinsdagoggend saam gekuier het is (van links): Hettie Basson, Elize du Preez en Elsabé Grobler.
Lede van die Brakpan Vroue Landbou-unie het verlede Dinsdagoggend weer ‘n gesellige vergadering geniet, waartydens die vroue se handewerk ten toon gestel en beoordeel is.
Idees is uitgeruil en daar is sommer net lekker gesels.
Susan Potgieter (links) het die oulike deurstopper, in die vorm van ‘n hond, gemaak. Saam met haar op die foto is die voorsitter van die Brakpan VLU, Isobel van Eeden.