Editor's noteLocal newsNews

Eventide se oudste inwoner (100) oorlede

“Ons gaan al die interessanthede, onverwagse komedie en gediggies mis.”

Die 100-jarige Irene van den Berg, wat ‘n inwoner van die Eventide Tehuis was en die oudste inwoner wat die tehuis nog ooit gehad het, is Saterdag oorlede.

Die Herald het verlede jaar oor Van den Berg berig toe sy die mylpaal van 100 jaar oud bereik het.

Kyk: Skatlike tannie (100) sê gedig op

Sy is op 25 November, 1916, in Kaapstad gebore en het haar kinderlewe op verskeie plekke in die Kaap deurgebring, soos haar ouers van plek tot plek verhuis het.

In 1938 is Van den Berg (nooiensvan Watson) in die Soutrivier se AGS Kerk met Stefanus van den Berg getroud. Stefanus is 40 jaar later oorlede.

Irene was ’n huisvrou gewees, maar het 30 jaar van haar lewe spandeer aan kerkwerk in die Kaap en veral gefokus op welsynwerk.

“Ons gaan al die interessanthede, onverwagse komedie en gediggies mis,” het die Van den Berg-gesin vertel.

“Van 1916 tot nou het die hele wêreld verander; van perdekarre tot A380’s. Dit is “amazing” dat in een lewe al die transformasie gesien en beleef kon word.”

Van den Berg laat twee seuns, vier kleinkinders, vyf agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders na.

Die begrafnis sal Donderdag vanaf 10vm vanuit die kapel op die hoek van Curry en Kingsway strate plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button