Editor's noteLocal newsNews

Dink aan die wat bibber van die koue

Items sal nog tot volgende Vrydag (30 Junie) by die Herald se kantoor, te Van der Waltweg 61, Dalview, ontvang word.

Die Herald pak elke jaar, gedurende die winter, ’n projek aan waartydens items ingesamel word om onder minderbevoorregte en behoeftige persone te versprei.

Dit is ‘n feit dat daar talle mense is wat gedurende die winter buite slaap, met min of geen komberse om hulle teen die snerpende koue te beskerm nie.

Daar is ook instansies in die dorp wat na kinders spesifiek omsien en die nood by meeste van die organisasies is ook groot.

Ons vra dat die publiek nuwe of skoon, gebruikte komberse, wolmussies, serpe en handskoene, asook nuwe sokkies (selfs gebreides) sal skenk.

Ons versoek vriendelik dat die goedere in ‘n goeie toestand en skoon sal wees.

Omdat die winter reeds in volle swang is, wil ons graag die projek volgende week afsluit en die goedere wat ons ontvang het uitdeel.

Items sal nog tot volgende Vrydag (30 Junie) by die Herald se kantoor, te Van der Waltweg 61, Dalview, ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button