Local newsNews

Ondersteun Helpende Hand só

Die klere sal reeds vanaf 9.30vm uitgepak wees en belangstellendes sal items vir so goedkoop as R5 kan opraap.

Solidariteit Helpende Hand se Brakpan tak gaan Saterdag ’n klere verkoping by die NG-kerk, Brakpan-Noord hou.

Die klere sal reeds vanaf 9.30vm uitgepak wees en belangstellendes sal items vir so goedkoop as R5 kan opraap.

“Dit sal ook die ideale geleentheid wees vir die publiek om met lede van Solidariteit Helpende Hand te kom kennis maak,” het die voorsitter Esmé Strauss gesê.

Esmé Strauss (48) is aan die stuur van sake by Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak.

Weldoeners wat klere, komberse en veral nie-bederfbare voedsel aan die organisasie wil skenk kan dit ook Saterdagoggend na die kerk neem.

“Ons het werklik ’n groot behoefte aan nie-bederfbare voedsel,” het Strauss gesê.

Die kerk is in Gardinerlaan (reg oorkant die munisipale swembad) geleë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button