Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum maan Ekurhuleni oor slordige begraafplaas

AfriForum het tot op hede geen antwoord van die munisipaliteit ontvang nie.

Die AfriForum-tak in Brakpan het Maandag ‘n finale aanmaning aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit oor die vervalle toestand van die dorp se begraafplaas gestuur.

Die aanmaning eis dat die munisipaliteit die begraafplaas voor volgende 24 Augustus skoonmaak.

Dít volg nadat AfriForum op 28 Junie reeds ‘n versoekskrif aan die munisipaliteit gerig het met die voorstel dat die burgerregte-organisasie en die munisipaliteit saamwerk om die begraafplaas skoon te maak.

AfriForum het tot op hede geen antwoord van die munisipaliteit ontvang nie.

“Die Brakpan-tak wou saam met die munisipaliteit aan ‘n volhoubare oplossing werk, maar ongelukkig blyk dit dat die munisipale bestuur geen respek vir die gemeenskap het nie,” het Gerhard Cilliers, ondervoorsitter van dié tak gesê.

Lees ook:

AfriForum wil begraafplaas regruk

Begraafplaas rower sê “sorry ouma” toe hy vuurwapen op haar rig

Dit voel of ek my man in die steek gelaat het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button