Moenie Pannefees misloop nie
Anders as vorige jare word die fees oor drie dae vanaf Vrydag (25 Augustus) tot Sondag (27 Augustus) gehou.
Inwoners van die dorp moet nie van die Pannefees, wat volgende naweek op die sportgronde van Laerskool Die Arend plaasvind, vergeet nie.
Anders as vorige jare word die fees oor drie dae vanaf Vrydag (25 Augustus) tot Sondag (27 Augustus) gehou.
Kunstenaars wat Sondag in ‘n rustige atmosfeer gaan optree is Benice Borman, Bouwer Bosch en Esti van Rooyen.
Op Vrydag en Saterdag kan die publiek daarna uitsien om kunstenaars soos Theuns Jordaan, Touch of Class, Juan Boucher, Die Heuwels Fantasties, Ryan Walt en nog vele meer te sien.
Agt top boere-orkeste gaan ook optree.
‘n Tee- en biertuin sal sorg dat niemand dors word nie en talle kos- en vlooimarkstalletjies kan ook besoek word.
‘n Toegangsfooi van R50 per persoon is Vrydag en Saterdag van toepassing maar Sondag is die toegang gratis.
Lees ook:
Spring gou vir ‘n stalletjie by die Pannefees



