Tweedy Park inwoners ontvang pakkies
Inwoners ontvang maandeliks ’n basiese kospakkie asook vars vrugte en wanneer dit moontlik is ’n ietsie ekstra.
Die inwoners van die Tweedy Park woonstelle het Vrydagmiddag weer van ’n groep vrywilligers en sakemense, wat hul al vir die afgelope jaar oor die inwoners ontferm, besoek ontvang.
Inwoners ontvang maandeliks ’n basiese kospakkie asook vars vrugte en wanneer dit moontlik is ’n ietsie ekstra.
“Ons is werklik net ’n groep vrywilligers en ons behoort aan geen organisasie of politieke party nie,” het ’n woordvoerder van die groep gesê.
“Ons maak staat op skenkings en ons het ‘n groepie baie flukse kinders wat ons help om die goedere by die bejaardes, wat moeilik beweeg, te kry,” het die woordvoerder gesê.
“Ons het borge wat elke maand sonder skroom hul bydraes gee en daarvoor is ons dankbaar.”











