Dié twee sussies weet hoe om vis te vang
Meegan het sy eers hierdie maand begin om vis te vang
Twee sussies van die dorp het Saterdag gewys dat hulle vir niemand terugstaan wanneer dit by visvang kom nie.
Meegan (11) en Cameron (10) Ingram was deel van die Gauteng Hengelklub se 0-13B-span wat Gauteng Saterdag tydens ’n kampioenskap verteenwoordig het.
Dié gedugte spannetjie het nie op hulle laat wag nie en drie ander provinsies uitgestof.
Cameron het op die dag ’n eerste plek behaal en Meegan ’n vierde plek.
Volgens Meegan se ma, Helena van Wyk, het sy eers hierdie maand begin om vis te vang aangesien sy eerder haar gunsteling stokperdjie, naamlik modelwerk, beoefen.
Cameron hengel al ’n rukkie en is tans nommer een onder die penkoppe by haar hengelklub.
Lees ook:
Rolstoel keer nie dat Corné die groottes vang nie
Inwoners op hol oor vreemde gedrog wat in Brakpan Dam dryf
Rowers slaan toe langs die viswater
Volg ons:




