Local newsNews

By hierdie winkel sal jy ‘n winskoop kry

Die Tutela Kantoor Brakpan open Maandag (11 Desember) ‘n antieke winkel (Vintage Shop) op die perseel, wat te Northdenelaan 106a geleë is.

Die kantoor is reg oorkant die hoofingang van die Laerskool Kommando geleë.

‘n Woordvoerder van Tutela het verduidelik dat die organisasie nie ‘n pandjieswinkel gaan bedryf nie, maar eerder goeie tweedehandse artikels teen baie bekostigbare pryse sal verkoop.

“Tafels, boekrakke, hangkaste, muurbehangsels en allerhande mooi los artikels sal beskikbaar wees in die winkel,” het Naomi Mostert gesê.

Die publiek word uitgenooi om die openingsgeleentheid Maandag, vanaf 10vm by te woon.

Melktert, koeksisters en gemmerbier sal ook te koop aangebied word.

“Kom ondersteun asseblief ons Tutela kantoor en bring familie en vriende saam. Dit sal ook die ideale plek wees om ‘n spesiale Kersgekenk vir iemand te kry,” het Mostert gesê.

 

Lees ook: Vrywilligers help bejaardes met benodighede

Pensioenarisse vind nie baat by Swart Vrydag

Jong kunstenaars stel hul werk ten toon

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button