Editor's choiceLocal newsNews

Sé ons wat jy dink

Die Ekurhuleni Metro is in die proses om verskeie strukture, wat ’n seeroog geword het, in die ou wandellaan af te breek.

Dink jy die plek sal ooit weer nuttig gebruik kan word?

Theresa Dempsey – Nee, die wandellaan sal nie weer nuttig gebruik kan word nie omdat ons die Mall@Carnival gekry het, tensy hulle dit omskep in heeltemal iets anders en die veiligheid ’n prioriteit maak.
Matthys Vermeulen – Daar is te veel dwelmhandellaars en karakters wat in die wandellaan rondhang. Dit gaan moeilik wees om weer die plek nuttig te kan gebruik as gevolg van daardie mense wat permanent daar is.
Danielle Coetzee – Ek dink die wandellaan kan weer nuttig gebruik word as hulle dit ’n veilige plek vir volwassenes en kinders kan maak om te besoek, maar daar moet ook van al die skelms, wat daar rondstaan, ontslae geraak word.
Johanna Kruger – Die wandellaan is ’n groot seeroog vir die gemeenskap, maar as ons almal saamwerk, met die regte mense, kan die wandellaan ’n transformasie ondergaan en weer nuttig gebruik word.

Lees ook: Twee beseer toe staalstruktuur in ou wandellaan val

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button