Editor's noteLocal newsNews
Dringende waarskuwing: Wees versigtig by die Stoffberg duikweg
Daar is water wat in die Stoffberg duikweg opgedam het.

Die gietende reën, wat die grootste gedeelte van die dag oor die dorp uitgesak het, kan weereens probleme by die duikweg in Stoffberglaan asook die een in Voortrekkerweg laat ontstaan.
Teen laatmiddag (4.15nm) was daar geen water opgedam in die duikweg in Voortrekkerweg nie maar daar was wel heelwat water in die Stoffberg duikweg.
‘n Lid van die Ekurhuleni Metro Polisie het gesê dat beide die duikweë dopgehou word.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te bestuur.
Lees ook:
Kolkende watermassa in duikweg veroorsaak weer chaos
Brakpan SAPD waarsku: Wees versigtig by dié duikweg
Follow us:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



