Editor's choiceLocal newsNews

Het jy al iets so kostelik gesien?

As daar nou drie honde is wat in liefde, vrede en veral verdraagsaamheid saam leef is dit die honde van Ruan Bosman (38), eienaar van die Brakpan Garden Centre.

Besoekers aan die kwekery word gereeld deur twee vriendelike golden retrievers en ’n Jack Russel begroet, maar dis eintlik die honde se gewoontes wat sorg dat ’n mens nie kan help om te glimlag nie.

Die golden retrievers is Riley, wat sewe jaar oud is en Ross, wat vier jaar oud is.

Maar dis die kleinste van die drie, Gossip, wat ook vier jaar oud is, wie se streke tot groot vermaak van besoekers lei.

Gossip span gereeld een van die groter honde in vir haar eie gemaak.

Dit is vir Gossip baie gemaklik om bo op Riley of Ross te klouter en bo op hulle te sit of te lê.

“Die groter honde het al lankal vrede gemaak met haar streke en aanvaar haar nabyheid sonder enige dramas,” het Bosman gesê.

 

Gossip word gereeld op Riley (foto) of Ross se rug gesien.

Wanneer die groter honde rustig lê en slaap of wanneer hul saam met hul baas in sy bakkie ry, sal jy gereeld vir Gossip bo-op een van hulle kry.

Lees ook: Klein Arende speel dat die kleur so spat

• Het jy ’n troeteldier wat snaakse gewoontes het? Ons sal graag van jou wil hoor en veral ’n foto wil sien. Stuur jou foto met inligting en ’n kontaknommer na brakpanherald@caxton.co.za

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button