Deel in die broederskap van die Moths
Die Windy Corner Moths (Memorable Order of Tin Hats) het ’n uitnodiging aan gewese militêre oud-stryders gerig om by dié broederskap aan te sluit.
Die uitnodiging is van toepassing op voormalige vroulike sowel as manlike militêre stryders wat gedurende die jare 1974 tot 1994 in enige operasionele gebied, oral in Suid-Afrika, grensdiens gedoen het.
Veterane van die Tweede Wêreldoorlog word ook uitgenooi om by die organisasie aan te sluit.
Die doel van die broederskap is om samehorigheid te geniet in die gees van voorlinie-vriendskap, onderlinge hulp en opregte nagedagtenis.
Lees ook: Moths want you
Die Windy Corner Moths ontmoet elke tweede Saterdag van die maand om 2nm te Zeemanstraat 2, Brenthurst.
Vir meer besonderhede kan Ray Mabbutt by 072 407 4168 of mabb@vodamail.co.za of vir Max Windrich by 082 722 0093 of windrmj@gmail.com gekontak word.
Volg ons:



