CrimeEditor's noteNews

Diewe steel seldsame pompe by klubhuis

Die Just Wheels Motorklub wat in Kitzingerlaan geleë is, het weer ’n terugslag beleef toe diewe Sondag (3 Mei) toegeslaan en onvervangbare items gesteel het.

Volgens Bart Zaayman wat ’n lid van die klub is, het die diewe Sondag in die vroeë oggendure hul vuilwerk gedoen.

Twee baie ou en seldsame petrolpompe asook braai roosters is gesteel.

“Die hartseer is dat die goed waarskynlik stukkend geslaan word en vir ’n paar rand aan skrootwerwe verkoop word,” het Zaayman gesê.

“Daardie pompe kan doodeenvoudig net nie vervang word nie,” het hy bygevoeg.

Lees ook: Diewe gee honde gif voordat hulle motorfiets steel

“Die klub se inkomste word alles teruggeploeg in die gemeenskap en al die aktiwiteite wat ons aanbied is om die dorp so bietjie op te hef.

“Dit is nie ’n goeie manier om bedank te word vir dít wat die klub probeer vermag nie.”

’n Paar maande gelede is daar by ’n vraghouer op die perseel van die klub ingebreek.

Tydens dié voorval is ’n grassnyer, tuingereedskap, skaars motorparte asook metaalpenne, waarmee afbakening gedoen word, gesteel.

Die nuutste voorval is by die SAPD aangemeld.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button