Ewekansige pret saam met die Herald
Wat het jy in jou handsak, wat niemand anders in hulle sin sal hé nie?

Die Herald het onlangs ons aanlyn volgelinge op Facebook gevra wat mens in hul handsak sal vind wat eienaardig is.
Inwoners het snaakse reaksies op ons foto gelewer en die gemeenskap kon nie vinnig genoeg hul antwoord los by die kommentaar seksie nie.
René Viljoen het die koek gevat en het sommer drie eienaardige items in haar handsak.

Die volstruis eier het natuurlik uitgestaan.
Dis nie ‘n alledaagse ding dat iemand met ‘n volstruis eier in hul handsak rondloop en boonop dit gestop word by die lughawe omrede dit onwettig is nie.
Praat van slegte geluk!
‘n Ander volgeling het haar man se brandstof kaart in haar handsak.

Daardie gesiggies spreek boekdele, gelukkig is dit nie sy krediet kaart nie.
All Gold Tamatiesous was ook genoem en het ‘n groot vraagteken agtergelaat.

Die volgeling het ‘n eenvoudige rede gegee en dis bloot omdat sy nie enige ander tamatiesous eet nie, eerder veilig as jammer, of hoe?
Om net ‘n paar te noem was vele ander items op die lys soos legos, ‘n klein flitslig en kouse.
Die Herald het al die kommentaar vreeslik geniet en ander volgelinge is meer as welkom om ons te vertel wat eienaardig in jou handsak is, indien jy dit gemis het.

Volg ons:



