Dié twee Ankers kan vir jou ’n koek bak
Die twee leerders het teen 16 ander skole deelgeneem in 'n koekbak- en versierkompetisie.
Twee leerders van Hoërskool Die Anker, Amanda Thiart en Nicolas Els, het onlangs aan die uitdunrondte van ’n koekbak- en versierkompetisie deelgeneem, waarna hulle tot die finaal deurgedring het.
Die kompetisie is aangebied en beoordeel deur sjef Nicolas van der Walt, eienaar van die FBI Chef School and Patisserie Academy.
Die tema was “Winter” en deelnemers moes ’n koek van 14cm by 22cm bak.
Amanda en Nicolas het ’n drie laag sjokolade koek met Italiaanse meringue bo-op gebak.
’n Ganache- en sjokoladeboompie en blare van petinice en fondant, om die winter-tema voor te stel, het alles mooi afgerond.
Lees ook: Kan jy die lekkerste koeksister bak?
Veertig skole vanuit die hele distrik het deelgeneem en strawwe kompetisie het die twee Anker deelnemers in die gesig gestaar.
Met hul meesterlike koek het hulle egter ’n eerste plek behaal en sodoende deurgedring na die finaal wat onlangs by die FBI Chef School and Patisserie Academy te Randburg plaasgevind het.
Tydens die finaal het Nicolas en Amanda volpunte (10 uit 10) vir hul koek se smaak, ses uit 10 vir versiering en agt uit 10 vir tekstuur ontvang.
Hierdie puntetelling het aan hulle ’n sewende plek uit 16 skole besorg.
Volg ons:



