NewsSchools

VIDEO: Groot lof vir Anker se matrieks

Die skool se slaagsyfer het die 100 persent mylpaal rakelings met ’n skrale drie persent gemis.

Die jaar het op ’n hoë noot by Hoërskool Die Anker begin toe die skool vanoggend (Vrydag) met trots aangekondig het dat die matrieks van 2018 altesaam 90 onderskeidings behaal het.

Sewe van die 90 onderskeidings wat behaal is behoort aan die hoofdogter van die skool, Nicole Lombard.

Die Anker se uitblinker is Nicole Lombard, wat met sewe onderskeidings geslaag het. Die hoof van die skool, Johan Snyman het haar gelukgewens.

Chané du Plooy was die ander uitblinker wat ses onderskeidings losgeskryf het, terwyl Karla Pienaar vyf onderskeidings ontvang het.

Chané du Plooy het die vrugte van haar harde werk gepluk en het ses onderskeidings behaal.
Karla Pienaar het vyf onderskeidings losgeskryf.

Jodene Nel het vier onderskeidings behaal en het ’n vyfde onderskeiding met ’n skrale een persent gemis.

Jodene Nel het die skouer aan die wiel gesit die afgelope jaar en het haar vier onderskeidings ontvang.

Lees ook: Ankers ontvang matriekuitslae

Die Anker se hoof, Johan Snyman is trots op elke leerder wat hul kant deur die jaar gebring het.

“Ons werk elke jaar baie hard om die 100 persent mylpaal te bereik, maar ongelukkig bring nie almal altyd hul kant nie, wat ook bewys dat die sisteem regverdig is.

“Ons offer ekstra klasse en selfs klasse voor skool aan, so dit hang alles af van die leerder se deursettingsvermoë en toegewydheid. Ons sal vanjaar op hierdie basis voortbou,” het Snyman gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button