Local newsNews

Kommerwekkende foto’s van loopvlak by Hoërskool Die Anker: Skool verduidelik

Foto’s van verwering op ‘n loopvlak by Hoërskool Die Anker  is besig om die rondte op sosiale media te doen en die Herald het ook talle oproepe van bekommerde ouers ontvang.

In die lig van die tragiese voorval wat Vrydag by Die Hoërskool Driehoek plaasgevind het, toe ‘n gedeelte van ‘n loopbrug op leerders geval het, is dit natuurlik dat ouers bekommerd sal wees en dat vrae sal ontstaan.

Vier van  Die Hoërskool Driehoek se leerders is oorlede en verskeie ander is ernstig beseer en word nog in hospitale behandel.

Die voorsitter van  Hoërskool Die Anker  se beheerliggaam, Frans Theron het vanmiddag aan die Herald gesê dat die skool deeglik bewus is van skade aan ‘n loopvlak by die skool en dat die probleem baie fyn gemonitor word.

Lees ook: Stoffbergers vorm driehoek en bid vir Hoërskool Driehoek

Volgens Theron is die situasie al ‘n tyd gelede by die Departement van Onderwys aangemeld.

“Die skool is op ‘n lys geplaas van skole wat voorkeur moet kry, sovêr instandhouding aangaan,” het Theron aan die Herald gesê.

“Uit die aard van die saak is ons kinders se veiligheid vir ons ‘n prioriteit en sal ons die situasie fyn dophou,” het Theron gesê.

Die Herald het die Gautengse onderwysdepartement genader vir kommentaar oor die situasie. Sodra dit ontvang word sal dit bekend gemaak word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button