Editor's choiceLocal newsNews

Tyd raak min om romantiese valentynsete te wen

Valentynsdag is om die draai en ’n romantiese bederf wag vir twee lesers van die Herald.

Rosetulee bied op Valentynsdag ’n romantiese driegangmaaltyd in die buitelug aan.

’n Gratis bottel wyn is by die ete ingesluit en ’n dansbaan sal sorg dat besoekers ook kan dans.

Die Herald gee twee kaartjies weg, dus kan twee paartjies ’n romantiese aand heeltemal gratis geniet.

Al wat jy moet doen is om ’n e-pos te stuur en in een sin te verduidelik waarom jy die kaartjies sal wil wen.

Lees ook: Valentynsdag by Lekker Bekkies Kleuterskool

Jou e-pos moet ons voor of op 11 Februarie bereik en die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Dit is belangrik om ’n kontaknommer in jou e-pos te meld.

Meld ook die woord Valentynsete in die onderwerpkassie.

Die ete by Rosetulee word op 14 Februarie om 7nm gehou en besprekings kan nog gedoen word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button