Editor's noteLocal newsNews

VLU Brakpan is vol entoesiasme

Die kompetisies, wat maandeliks professioneel beoordeel word, is nie verpligtend nie.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het tydens die onlangse konferensie van die Goudrif-streek uitgestaan en bewys dat hulle ’n tak is om mee rekening te hou.

Dit was die 24ste konferensie van dié streek en die Brakpan-tak het die trofee vir die mees entoesiastiese tak van die jaar ontvang en is ook as die tak aangewys wat die derde meeste punte vir die jaar bymekaar gemaak het.

Die Brakpan-tak van die VLU het die trofee vir die mees entoesiastiese tak van die jaar ontvang. Elsabé Grobler (links), voorsitter van die Brakpan-tak, is in die foto te sien saam met Ina Booyens, president van die VLU.

Voorts het Lena Smit ook ’n diensknopie ontvang na aanleiding van die feit dat sy al vir 30 jaar lank ’n lid van die VLU is.

Lees: VLU deel trofeë uit

Ander lede van die tak wat uitgestaan en toekennings ontvang het, is Jackie la Vos (gebottel), Delores van Rooyen (handvlyt en middelbaar blomme), Ria Coetzee (beginnersblomme), Irma du Plessis (mochila sak), Sylvia Smit (memoborde), Susan Potgieter (foto), Alet Neveling (blou seël en skets). ’n Blou seël is ’n spesiale toekenning wat beteken dat die deelnemer se skets deurgaan na kongres vir beoordeling.

Lede van die VLU neem gedurende die jaar deel aan ’n verskeidenheid kompetisies, wat ondermeer gebak, naaldwerk, fotografie en blommerangskikking insluit, en maak sodoende punte bymekaar.

Lees: Word lid van die VLU

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button