Editor's choiceLocal newsNews

Dorp se begraafplaas lyk goed

"Ek was heeltemal verbaas om te sien hoe netjies die plek is."

Jeanetta Pienaar, Brenthurst, skryf:

Ek dink ons het die mooiste en skoonste begraafplaas in die Oos-Rand.

Sondag het ek die begraafplaas saam met ’n familielid besoek, om te gaan kyk of alles nog in orde is by my ouers se grafte.

Ek was heeltemal verbaas om te sien hoe netjies die plek is.

Die gras was mooi kort gesny, daar was geen teken van onkruid nie en daar het ook nie rommel rondgelê.

Ek kon regtig nie my oë glo nie, iemand is beslis besig om hulle werk te doen.

Ek voel dat ek hieroor moet praat want mense is geneig om vinnig te kla maar nooit ’n kompliment te gee wanneer dinge reg loop nie.

Lees: Leeglêers laat vroue uit begraafplaas vlug

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button