Editor's noteLocal newsNews

In die Kollig: Leer vir Fanie Kotzé ken

Laerskool Dalview se sportorganiseerder is die week in die kollig.

Fanie Kotzé (37) is die sportorganiseerder van die Laerskool Dalview. Hy is met Yolande (36) getroud en die egpaar, wat in Alberton woon, het een kind, Lianey (2).

Jy is die sportorganiseerder van die Laerskool Dalview. Wat behels jou pos?

My pos behels die A-Z van Laerskool Dalview se sport. Die nodige beplanning, organisering en bestuur van elke sportkode en die komponente daarvan.

Hoe lank beklee jy al die pos?

Die afgelope ses jaar.

Gee jy ook onderwys?

Ek is ’n gekwalifiseerde onderwyser wat reeds meer as 12 jaar se onderrig ervaring het. Ek gee tans wiskunde vir graad vyf leerders.

Sou jy sê dat skole dalk vandag te veel klem op sport en kompetisie tussen mekaar lê?

In my opinie raak die kompetisie ongesond. Op laerskool vlak moet ontwikkeling plaasvind en soveel moontlik geleenthede moet geskep word. Kompetisie is nodig en kan gesond wees, maar die wen-motief is te groot en ongelukkig is dat al wat vir die gemeenskap saak maak. Sport is die beste bemarker vir enige skool en gewoonlik sport wat presteer, maar die realiteit is dat die sport sisteem op laerskool vlak die groot doring in ons senior beroepsport se vlees is, in terme van spelers, atlete en deelnemers wat nie korrek ontwikkel word vir die toekoms nie. Alles gaan oor nou.

Wat is jou siening oor kwotas in skolesport?

Dit is hartseer en baie ongesond vir die groei van enige sport. Ons sien reeds die effek wat dit het op talent wat die land verlaat en die realiteit is dat dit baie erger gaan word voor dit beter word.

Wat sal jy vir ’n ouer sê wat te veel druk op ’n kind uitoefen wanneer dit by sport kom?

Laat jou kind groei en ontwikkel. Daar is partykeer ’n fyn lyn tussen te veel druk en om ’n werksetiek te kweek. My seining is dat kinders op laerskool aan soveel moontlik moet deelneem om in hul totaliteit te ontwikkel en op hoërskool meer te begin spesialiseer. Vir ouers gaan die prestasies oor die hier en nou. Daar is privaat afrigters wat kinders nou druk om te presteer en geen belange het om daardie kind te ontwikkel vir die toekoms nie. As ouers die beste belegging vir hul kinders wil maak moet dit vir hulle gaan oor eendag, nie oor nou nie.

Wat is jou gunsteling sportsoort?

Beslis rugby.

Jy dien op verskeie organisasies/klubs. Som dit op in ’n neutedop.

Ek is bevoorreg om as voorsitter van ons rugbystreek te dien, asook op die Valke laerskole se bestuur. In dieselfde asem rig ek af op provinsiale vlak by die 15-tal en sewes-kodes.

Watter sportman of vrou sal jy graag wil ontmoet en waarom?

Eddie Jones en Joe Schmidt – albei afrigters. Ek dink hulle is absolute rugbymeesters as dit kom by afrigting. Hul strategiese beplanning en mense verhoudings, om die beste uit hul spelers te kry, is merkwaardig.

Wat doen jy om fiks te bly?

My dogtertjie hou my fiks as ek konstant agter haar moet aan hardloop. Dan is ek ook ’n laerskole rugbyskeidsregter.

Wat doen jy vir ontspanning?

Ek en my vrou geniet dit om te fliek en net rustig te wees met ’n glasie wyn.

Waar is jou gunsteling vakansie plek?

Virseker Kleinmond in die Wes-Kaap.

Is jy ’n sosiale media slaaf en wat is jou mening van sosiale media?

Glad nie. Dit is vir party mense bedoel, ek is nie een van hulle nie. Ek is van opinie dat mense nie die regte weergawe van hulself is op platforms soos Facebook nie.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Ek werk hard daaraan om rugby as beroep te kan afrig. Ek het so een of twee ander planne in die pyplyn, maar vir eers is die fokus op die rugby planne.

Lees: Laerskool Dalview se Fanie is ‘n veelsydige bestuurder en afrigter

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button