Editor's noteLocal newsNews

VIDEO: Tanya skep speel-speel prag pophuise

’n Inwoner van Brakpan-Sentraal, Tanya Jordaan (43), beoefen ’n buitengewone en interessante stokperdjie waarmee sy behoorlik haar drome kan uitleef.

Tanya het sowat ’n jaar gelede met die stokperdjie begin eksperimenteer nadat sy ’n massiewe pragstuk in ’n winkel in Sandton teëgekom het.

“Ek het ’n baie mooi hout pophuis vol meubels teëgekom, dit goed bekyk en dadelik planne begin beraam oor hoe ek dit self sou kon bou,” vertel sy.

Tanya het met beplanning begin deur die pophuise te ontwerp met grafiese kuns sodat die verskillende dele deur ’n lasermasjien gesny kon word.

“Die eerste een se dak was ’n totale flop, maar met die tweede pophuis se dak het ek sukses gehad.”

Lees: Hierdie stokperdjie vang die oog

Tanya se twee dogters, Leigh (17) en Tiana (8), help graag hul ma met die bou van die pophuise.

Leigh kan al haar eie pophuis bou en Tiana kan die meubels aan mekaar sit sonder enige hulp.

Om pophuise te ontwerp en aan mekaar te sit is egter nie net ’n vyfminuutprojek nie.

Dit neem ongeveer ’n dag om net die meubels van die pophuis te ontwerp, te sny en aan mekaar te sit.

’n Volledige pophuis, wat 1.6m hoog is, neem sowat 10 dae om te bou, maar Tanya het dit al in ’n rekordtyd van vyf dae vir ’n kliënt voltooi.

Kunstige Tanya doen dit vir ’n lewe en vertel dat sy mal is daaroor om goed te ontwerp en kunstig te wees.

Wanner sy egter nie besig is om iets te ontwerp nie, sal jy haar in die tuin vind, besig om plante te plant.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button