Local newsNews

Dit gaan beter met kinders na ongeluk

Die Herald het verlede week berig oor die ongeluk wat net na 3nm plaasgevind het.

Dit gaan beter met die vier kinders wat verlede Saterdag beseer is toe hulle na bewering deur ’n motorfiets in Thomasstraat, Brenthurst, raakgery is.

Braam (15), Clara (8) en Decklin (5) du Plooy is saam met nog ’n kind, Jurgens Crous (10), beseer toe hulle op ’n fiets die pad na hul ouerhuis wou oorsteek.

Dit gaan beter met Braam du Plooy. Hy is gister (Maandag) van die intensiewe sorgeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas.

Die drie du Plooy kinders se ma, Christene, het aan die Herald gesê dat Braam Maandag van die intensiewe sorgeenheid na ‘n normale saal oorgeplaas is. Hy het ’n gebreekte regterbeen, rugbeserings en sy dunderm het volgens Christene ook gebars.

“Dit gaan darem beter met hom en ons is verlig dat hy nou in ‘n gewone saal is,” het Christene gesê.

Lees: Vier kinders beseer toe motorfietsryer hul tref

Clara se sleutelbeen is gebreek en Decklin se regterbeen is gebreek en hy het ’n wond aan sy rug opgedoen. Beide is verlede Maandag ontslaan.

“Hulle albei sterk nog by die huis aan en die steke in Decklin se rug sou Maandag verwyder word.

Jurgens Crous se ma, Daleen Boshoff (42), het aan die Herald gesê dat haar kind Maandag weer na die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal geneem is vir ’n ondersoek.

Volgens Daleen is die vordering wat hy toon nie na wense nie en moet hy oor vier weke weer terug gaan na die hospitaal.

Intussen kan Jurgens net sagte kosse inneem.

“Dit is finansieel maar ’n bietjie moeilik want mens begroot maar vir gewone kos en nou moet ons vir hom voedsel soos Smash en jogurt koop,” het Daleen gesê.

“Ons hoop en bid dat sy kakebeen sal genees en dat dit nie nodig sal wees vir operasies nie,” het Daleen gesê.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button