Winterprojek kom tot ’n einde
Vanjaar was die 13de jaar dat die Herald se winterprojek gehelp het om die nood effens te verlig.
Danksy skenkings van die publiek en besighede kon die Brakpan Herald Maandagoggend 130 komberse, asook warm serpe, sokkies, gebreide kouse, mussies en tweedehandse klere skenk om uitgedeel te word onder behoeftige persone van die dorp.
VC Spar in Dalview het, soos in die verlede, hande gevat met die Herald en grootliks bygedra tot die sukses van die projek.
Lees: Tyd raak min om ’n verskil te maak
Verteenwoordigers van Rata- en Tutela Maatskaplike Dienste, die Rooikruis, Die AGS Kerk Betesda, asook die Bokamoso Kinderhuis het Maandagoggend elk ’n skenking by VC Spar ontvang.
Thelma Koorts, redakteur van die Brakpan Herald, het haar dank uitgespreek teenoor die inwoners, asook besighede, wat vanjaar ’n bydrae tot die projek gemaak het.
Heinrich Buitendag, bestuurder van VC Spar, het gesê dat dit altyd ’n riem onder die hart is om terug te ploeg in die gemeenskap.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



