Editor's noteLocal newsNews

Gholfdag ten bate van Karlien

Karlien het maande in die hospitaal deurgebring en word tans by haar ouerhuis versorg.

’n Gholfdag ten bate van Karlien Roets word op 15 November by die Royal Oak Gholfklub aangebied.

Dié drie-jarige dogtertjie is met ernstige breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het.

Die ongeluk het op 10 Augustus verlede jaar gebeur en die eens lewenslustig dogtertjie se lewe het daarna telkens aan ’n draadjie gehang.

KYK: Video: Breinbeseerde kind (3) sal stamsel behandeling ondergaan

Karlien het maande in die hospitaal deurgebring en word tans by haar ouerhuis in Afrikanerweg versorg.

Haar ouers, Karin (27) en Frikkie (31) Roets, het maandeliks enorme mediese uitgawes om te dek.

Persone wat die gholfdag wil ondersteun kan vir JP Pottas kontak by 066 219 5589.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button