VIDEO: Twee beseer toe vliegtuig op grens van Brakpan val
Volgens inligting was daar twee insittendes in die vliegtuig.
Twee persone is vanoggend vroeg beseer toe ‘n ligte vliegtuig, wat na bewering gepoog het om by die Springs Vliegveld te land, neergestort het.
Die vliegtuig het in Olympiaweg, op die grens tussen Brakpan Dal Fouche, op ‘n middelmannetjie geval.
KYK:
Volgens inligting was daar twee insittendes in die vliegtuig. Beide is met na beserings na ‘n hospitaal vervoer.
‘n Ondersoek sal deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gedoen word.
Lees ook: KYK: Ambulanse op pad na ongeluk bots teen mekaar
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



