Editor's choiceLocal newsNews

Die Herald het jou hulp nodig

Vir baie ander wag daar ’n minder aangename en selfs droewige tyd.

Die feesseisoen, wat om die draai is, is vir baie mense ’n tyd van skoene uitskop, ontspan, tyd om saam met geliefdes deur te bring en lekker te kuier.

Dié lekker vooruitsig is vir baie inwoners van die dorp ’n werklikheid, maar vir baie ander wag daar ’n minder aangename en selfs droewige tyd.

Baie mense staar ook die feit dat hulle bitter min of niks sal hê om te eet in die gesig.

Meeste organisasies in die dorp wat gedurende die jaar hard werk om, om te sien na die hawelose en bitterarm mense in die gemeenskap neem ’n blaaskans oor Kerstyd.

Lees ook: Giving back to the community

Alles word tog in die stryd gewerp om vooraf genoegsame voedsel in te samel, om kospakkies uit te deel, maar dit is ook algemene kennis dat die nood daar buite groot is en dat skenkings jaarliks minder word.

Met die oog hierop het die Herald en VC Superspar in Dalview skouer aan die wiel gesit om die nood so klein bietjie te verlig.

Dít kan egter nie gedoen word sonder die goedhartigheid van die dorp se mense nie.

Die bestuur van VC Spar het ’n mandjie voor in die winkel geplaas waarin die publiek nie-bederfbare kos kan plaas.

Die Spar het ook daad by die woord gevoeg en die eerste R1 000 se voedsel geskenk.

“As elke inwoner van die dorp net een item in daardie mandjie gaan plaas sal ons ’n groot verskil kan maak,” het Thelma Koorts, redakteur van die Herald gesê.

Sy het ook die versekering gegee dat die voedsel wat ingesamel word geskenk sal word aan organisasies wat werklik poog om ’n verskil in die dorp te maak.

Donasies kan ook na die Herald se kantoor te Van der Waltweg 61 geneem word.

Items wat benodig word sluit in blikkies kos, suiker, koffie, tee, “long-life” melk of melkpoeier, rys, mieliemeel, koekies, lekkergoed, pasta, pakkies souse, pakkies sop en pakkies jellie.

Lees ook: Rata verlig die nood

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button