Just Wheels se Kersmark uitgestel
Die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te neem.

Die Just Wheels Motorklub se jaarlikse Kersmark, wat vanaand (Vrydag) sou plaasvind, is uitgestel tot volgende Vrydag.
Die besluit is gemaak as gevolg van die weer.
Bart Zaayman van Just Wheels het gesê dat die Kersmark volgende Vrydag gehou sal word en dat dit saam met die Kersliedere by kerslig (Carols by Candlelight) sal val.
Die publiek word uitgenooi om vanaf 5nm ’n genotvolle aand te gaan geniet en terselfdertyd sommer Kersinkopies, by ’n groot verskeidenheid stalletjies, te doen.
Daar sal heerlike eet- en drinkgoed te koop wees, maar die publiek is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te neem.
Kampstoele of komberse sal ook nodig wees.
Die klubhuis is te Kitzingerlaan 69 geleë.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



