Editor's choiceLocal newsNews

Plant vandag nog ’n spekboom

Ons wil graag elke inwoner van die dorp uitdaag om ’n spekboom in hul tuin te plant.

Spekbome en die voordele wat dit vir die mensdom en die atmosfeer inhou is deesdae ’n gewilde onderwerp.

Dit is bewys dat die spekboom (portulacaria afra) die gehalte van die lug, wat mense inasem, bevorder en ook klimaatsverandering teenwerk.

Die personeel van Felicitas Skool se outisme-afdeling is deeglik bewus van dié wonderplant se voordele en het besluit om soveel mense moontlik aan te moedig om spekbome te plant.

Nola Kloppers, hoof van die outisme departement, het verduidelik dat daar onlangs aan elke onderwyser en assistant van die skool ’n stiggie van ’n spekboom in ’n potjie oorhandig is.

LEES: Watch: ‘Climate emergency’ is 2019 Oxford Word of the Year

“Ons het almal aangemoedig om hul spekbome te gaan plant en daarna weer aan vriende en familie uit te deel,” het Kloppers verduidelik.

“Ons hoop dat ons entoesiasme oor hierdie wonderlike plant verder sal strek as net die skool en ons wil graag elke inwoner van die dorp uitdaag om ’n spekboom in hul tuin te plant,” het Klopper bygevoeg.

Die spekboom het die vermoë om tussen vier en 10 ton koolstof per hektaar in te neem.

Oortollige koolstof in die atmosfeer dra by tot aardsverwarming.

Hoe meer koolstof dus uit die lug verwyder kan word, hoe beter.

Nola Kloppers, wat die hoof van die outisme-afdeling by Felicitas Skool is, sit hier by een van die spekbome wat welig by die skool groei.

Interessante feite oor spekbome

• Spekbome kan tot sowat 200 jaar lewe.

• Spekbome het baie minder water en versorging as ander plante nodig en die blare bly groen.

• Dis maklik om te kweek, aangesien selfs die blare of stukkies van die plant wat op die grond beland worteltjies kan maak.

• Die spekboom staan ook bekend as olifantskos (elephant’s food) of pork bush.

Hoe om ’n spekboom te kweek

• Breek of sny ʼn stukkie van die spekboom af en laat dit vir ’n dag of twee effe uitdroog.

• Druk dit dan in die grond en gee dit ’n bietjie water.

• Moet dit nie te veel water gee nie anders sal dit verrot.

• Spekbome aard in meeste grondsoorte.

MEER FOTO’S: Felicitas Skool se personeel plant spekbome

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Stacy Slatter

News editor Stacy Slatter is a seasoned journalist with 20 years of experience in community news. Throughout the years, she has covered a wide range of topics, from crime, municipal news and human interest stories, to sports and community events. Stacy also has extensive sub-editing experience.

Related Articles

Back to top button