Die Anker se atlete wys hul staal
Dié byeenkoms, waaraan ses skole deelgeneem het, is gebruik om spanne te finaliseer.
Ter voorbereiding van die atletiek seisoen het Hoërskool Die Anker se atlete onlangs aan die jaarlikse interhuis by die skool deelgeneem.
Die witspan het koning gekraai met 1 180 punte gevolg deur die goudspan met 1 064 punte en die blouspan met 948 punte.
LEES: Hoërskool Die Anker se hoofleiers is gereed vir 2020
Die junior Victrix Ludorum het aan Dané Goosen gegaan, terwyl Henro du Plooy die junior Victor Ludorum toekenning ontvang het.
Caitlin Bester het die senior Victrix Ludorum toekenning ontvang en die senior Victor Ludorum toekenning het aan Damian Muller gegaan.

Na afloop van die interhuis, was Hoërskool Die Anker die gasheer vir die eerste amptelike atletiekbyeenkoms vir 2020.
Dié byeenkoms, waaraan ses skole deelgeneem het, is gebruik om spanne te finaliseer en om massadeelname te bevorder.
Clarissa Fuhri is aangewys as die Victrix Ludorum met ’n totaal van 1 474 Absa-punte oor twee items, terwyl Nantus Joubert die Victor Ludorum-prys gewen het met 1 802 Absa-punte.
Die finale puntestand was as volg:
• Die Anker (1 679)
• Benoni High School (851)
• Hoërskool Hans Moore High School (609)
• Springs Boys’ High School (434)
• Springs Girls’ High School (284)
• Hoërskool Dr Johan Jurgens (146)
LEES: KYK: Hoërskool Die Anker se Glibberige Grillerige Groen Monsters meld aan
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:



