Editor's choiceLocal newsNews

Jax se stert waai by sy nuwe huis

Jax het ‘n mooi geaardheid en ek is baie bly dat hy nou ‘n lekker lewe kan hê.

Jax die Jack Russell wat op Oujaarsaand erg beseer is, danksy die chaos wat deur vuurwerke veroorsaak is, het uiteindelik ’n nuwe liefdevolle huis gevind.

Jax is Saterdagoggend deur Dina Abbott (62) van Brenthurst by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging aangeneem.

Dina het vertel dat sy ’n maat vir Ally, haar ander Jack Russell gesoek het, en dat sy van Jax in die Brakpan Herald gelees het.

LEES: New Year’s celebrations a nightmare for animals and humans

“Ek was eers ’n bietjie skepties want ek was bewus van Jax se besering, maar toe ek sien dat hy vol lewe by die DBV rond hardloop het ek geweet dat ek hom moet kies.

“Toe ons twee mekaar vir die eerste keer in die oë kyk het ek ook geweet dat Jax saam met my moes huis toe gaan,” het Dina vertel.

Jax is met ’n gapende wond aan sy borskas na die DBV geneem.

Jax is na Oujaarsaand met ’n gapende wond aan sy borskas na die DBV geneem.

Dit blyk dat die hondjie verskrik geraak het en in ’n palissadeheining vasgesit het en sodoende die wond opgedoen het.

Volgens Dina was Jax en Ally die eerste twee dae so bietjie haaks, maar nou is die twee groot maats.

“Jax het ’n mooi geaardheid en ek is baie bly dat hy nou ’n lekker lewe kan hê na die trauma waardeur hy moes gaan.

“Ek het ook besluit om nie sy naam te verander nie. My kleinseun, Riaan Botha (6), noem hom nou wel Jackson, maar Jax reageer steeds.”

Dina, wat ook vir Ally by die DBV in Springs aangeneem het, glo daarin om die DBV te ondersteun.

LEES: VC Spar helps Brakpan SPCA replenish food stocks

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button