Editor's noteLocal newsNews

Dief steel twee broodbome by Laerskool Dalview

Dit blyk dat die diefstal Maandagoggend ongeveer 5vm plaasgevind het.

Twee pragtige broodbome wat al vir etlike jare by Laerskool Dalview groei is Maandagoggend vroeg uit die skool se tuin gesteel.

Een van die broodbome was in ’n groot pot, wat gebreek is om die plant uit te kry, en die ander een is uit die grond gehaal.

Daar word die afgelope paar jaar groot moeite gedoen om die skool se terrein en tuine mooi te versorg.

Die tuine is ’n lus vir die oog en elke Dalwer se trots.

’n Tweede broodboom is reg langs dié een wat in die foto te sien is gesteel.

Die twee broodbome het naby die hoofingang van die skool gegroei.

Sekuriteitskameras het die dief se daad vasgevang en dit blyk dat die diefstal Maandagoggend ongeveer 5vm plaasgevind het.

LEES: Bejaarde se beursie onder haar neus gesteel

Die persoon het ’n wit keps gedra.

Daar kan ook gesien word hoe die groot broodbome oor ’n hek gegooi word nadat dit verwyder is.

“Dit is werklik waar ’n groot jammerte, aangesien die bome reeds etlike jare in ons tuin groei,” het ’n personeellid gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button