
Dalk is jy as ouer al radeloos om die jongspan tydens die verpligte korona-inperking besig te hou.
Dit is weer tyd vir die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se jaarlikse Internasionale Afrikaans-Ekspo.
Dié opwindende skryf- en kreatiewe kunste kompetisie, wat op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans fokus, bied nou die perfekte tydverdryf.
Hulle sal nie net kreatief besig gehou word nie, maar staan ook die kans om lekker pryse vir hulself en hul skool te wen.
Vanjaar se tema is musiek.
In 1937 het Afrikaanse musiek sy eerste tree gegee met die bekendstelling van die FAK-Sangbundel. Liedjies soos Bobbejaan klim die berg, Sarie Marais en Aanstap Rooies is ou bekende volksliedjies wat al menige male om kampvure gesing is.
Drie en tagtig jaar later bars Afrikaanse musiek steeds uit sy nate.
Daar is legendes soos Sonja Herholdt, Anton Goosen, Anneli van Rooyen en Johan Stemmet wat baanbrekerswerk verrig het.
Lees: Covid-19 Lockdown: Parenting 101 Tip 7 – develop good work ethic
Natuurlik is daar ook vandag kunstenaars soos Jak de Priester, Joshua na die Reën, Monique Steyn en Die Heuwels Fantasties, wat nuwe geur en klank tot Afrikaanse musiek bring.
Alle graad een tot graad12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië, asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word, kan gratis deelneem.
Daar is sewe kategorieë waarin jy jou kreatiwiteit kan uitleef met musiek as tema.
Dit sluit in dagboekinskrywings, ’n resensie, ’n opstel, ’n kortverhaal, poësie, fotografie en skilderkuns.
Graad 1- tot 5-leerders kan deelneem aan skilderkuns en poësie, terwyl alle ander leerders en studente aan al die kategorieë mag deelneem.
Jy mag ook in een of meer kategorieë deelneem.
Die wenskool ontvang R10 000 en die vier algehele wenners, wat die uitblinkers was en die tema die beste beskryf het, of dit nou deur ’n foto, opstel of gedig was, ontvang die wisseltrofee en R2 000 kontant vir sy of haar skool.
Inskrywings kan op twee maniere ingedien word.
Aanlyn by ekspo.fak.org.za of per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Alle inskrywings moet teen 11 Julie ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



