Editor's choiceLocal newsNews

Leer vir Izel Adlam ken

Izel is in die kollig.

Izel Adlam (13) is vanjaar die hoofdogter van die Laerskool Môrewag. Sy woon saam met haar pa, Danie Adlam (47) en haar jonger broer en suster, Loodewyk Coetzer (5) en Michelle Coetzer (6) in Withok Estates. Haar ma, Susan Adlam (50) woon in Edenvale.

Jy is vanjaar die hoofdogter van die Laerskool Môrewag. Wat beteken dit vir jou?

Dit is vir my die grootste voorreg om die voortou te neem in diensbaarheid.

Wat is jou pligte as hoofdogter van die skool?

Daar word van my verwag om op verskillende terreine my pligte uit te voer, om te help met die toepassing van skoolrëels vir al ons leerders en die organisering van ons leerlingraad in hierdie verband. Dit is my en so ook die res van ons leerlingraad se plig om ons ouers, onderwysers en leerders op alle terreine voluit te dien.

Beoefen jy sport by die skool en is sport belangrik?

Ja, ek speel netbal en hokkie en het ook eens op ‘n tyd ook gewigstoot beoefen. Ek neem ook buitemuurs deel aan swem. Sport is belangrik. Kinders leer verskillende lewenslesse in groep sport maar ook individuele sport. Dit keer ook dat ons nie in ‘couch potatoes’ verander nie.

Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?

Op my knieë. My hoop is op Jesus, wat my nog uit elke probleem en uitdaging gered het. Ek het geleer dat Jesus altyd daar sal wees.

Dink jy daar is hoop vir die jongmense van hierdie land?

Definitief, as ons jongmense in geloof bly glo, glo ek die Here sal vir ons ‘n hoopvolle toekoms gee. Ons moet positief bly. Jesus is lief vir Sy kinders en sal vir ons voorsien.

Dink jy die regering doen genoeg om die koronavirus tot kniehalter?

Ek dink die regering doen wat hulle kan. Buitendien dink ek hulle het meer voorkomend as meeste lande opgetree.

Wat is die eerste ding wat jy gaan doen sodra die inperking verby is?

Om al my skoolmaats die grootste drukkie in die hele wêreld te gee. Ek mis almal so baie. Ek sien ook ontsettend baie uit daarna om weer kerk toe te gaan.

Wat is jou stokperdjies?

Ek is absoluut mal oor kuns en kunsvlyt op sosiale media soos TikTok. Ek is self daar ingeteken waar ek dansvideos maak. Meeste van my vriende is ook by die applikasie ingeteken. Ek hou ook baie van lees, ja ek is ‘n regte boekwurm.

Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?

Ek wil baie graag ‘n onderwyseres word. Dit was nog altyd my droom en passie om eendag met kinders te werk.

Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?

Ek het twee, die eerste een is in die bosveld, Constantia Park. Dit is baie rustig en het ’n enorme water glyplank, asook wild roetes en baie ander lekker aktiwiteite om te doen. Tweedens is ek absoluut mal oor die see, dit maak nie saak waar nie, solank daar ’n golf is om te ry.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:hyperlink

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button