Alhoewel die mini-stortingsterreine in die dorp die afgelope tyd nie vir die publiek oop was nie, het dit nie die werkers by die stortingsterrein in Brenthurst verhoed om voort te gaan om die plek te verfraai nie.
Die Herald het verlede jaar in April vir die eerste keer berig oor ‘n groepie toegewyde werkers wat dit op hulself geneem het om die ingang van die plek te verfraai, met die goed wat deur die publiek weggegooi word. (Weggooigoed maak stortingsterrein se ingang mooi).

Die werkers het sedertdien voortgegaan met hul mooimaak-projek en die resultaat laat ‘n mens beslis verwonderd.
Hulle span onder andere plante, ornamente, skilderye, spieëls, teëls en tuinmeubels in om die stortingsterrein te verfraai.
Die werkers se handewerk strek ook reeds veel verder as net die ingang van die stortingsterrein en daar is geen keer aan die werkers se kreatiwiteit nie.
Meer foto’s:
Weggooigoed verfraai stortingsterrein se ingang
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



