Juliana du Plessis (14) is ‘n jong sanger van die dorp wat al met ‘n CD agter haar naam spog. Sy woon saam met haar ouers, Juanita en Johan, en haar broer, Jandro (9), in Dalpark 11. Sy is ‘n graad agt leerder aan die Sonneveld Akademie.
Jy sing al vandat jy ses jaar oud is en jy het ook verlede jaar jou eerste CD, My Begin, vrygestel. Kan jy jouself ‘n lewe sonder sang en musiek voorstel?
Glad nie, musiek is my tweede taal.
Noem kortliks van jou grootste prestasies tot dusvêr.
Toe ek deelgeneem het aan die provinsiale rondte van die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste en deurgedring het na die nasionale rondte. Sou ek daar kwalifiseer sal ek Suid-Afrika in Los Angeles verteenwoordig.
Jy het twee van die agt liedjies op jou eerste CD self geskryf. Waar kry jy die inspirasie daarvoor?
Spesiale gebeure in my lewe en my hartsmense inspireer my om te skryf.
Watter genre musiek is jou gunsteling?
Kontemporêr.
Wie is jou gunsteling plaaslike en internasionale sanger?
Plaaslik is dit Riana Nel en internasionaal is dit Demi Lovato. Ek is dol oor beide kunstenaars se musiek en talent.
Watter tipe musiek staan jou glad nie aan nie?
Ek hou nie van rap of R&B nie.
Wie is jou rolmodel en hoekom?
Baie beslis my sang instrukteur, Laura-Lee Schutte. Ek en sy deel dieselfde passie vir musiek en ek het deur die jare soveel by haar geleer.
Saam met watter sanger sal jy graag ‘n duet wil opneem en waarom?
Riana Nel, omdat sy my gunsteling kunstenaar is. Dit sal so ‘n groot voorreg wees.
Kan jy enige instrumente speel?
Ek kry op die oomblik kitaar- en klavierlesse. Ek hoop om so gou as moontlik een van die instrumente ten volle te bemeester.
Waar sien jy jouself oor 10 jaar?
My droom is om eendag saam met bekende sangers die verhoog te deel. Ek sal ook graag my kennis van sang met ander wil deel deur sanglesse aan te bied.
Wat is die domste ding wat jy al ooit aangevang het?
Ek het eendag op my netbalbal probeer staan, afgeval en my gewrig gekraak.
Hoe hou jy jouself besig gedurende die inperking?
Ek oefen op ‘n daaglikse basis my musiek aangesien ons nou aanlyn eisteddfod deelnames doen. Akademie is vir my ook baie belangrik. Ek is bevoorreg om ‘n leerder aan die Sonneveld Akademie te wees, waar ons gereeld tuiswerk op sosiale media kry, met YouTube-lesse vir hulp.
Dink jy die wêreld gaan ooit weer die selfde wees na Covid-19?
Ja, ek glo so. Dalk nie gou nie, maar ek het tydens die inperking opnuut beleef dat mense nog vir mekaar kan omgee en kan saam staan. Wanneer ons God eerste plaas hoef ons oor niks bekommerd te wees nie.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



