Local newsNews

Hoërskool Die Anker matrikulant sterf in ongeluk

Damian Gruen is op die toneel oorlede.

‘n Gewilde graad 12 leerder aan Hoërskool Die Anker, Damian Gruen is gisteraand in ‘n ongeluk oorlede.

Volgens inligting het die ongeluk net na 7nm in Voortrekkerweg plaasgevind.

Damian, wat op die leerlingraad van Hoërskool Die Anker gedien het en ‘n uithaler rugbyspeler was, is op die toneel oorlede.

Sy ouer broer, wat bestuur het, en sy jonger sussie het volgens inligting ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal vervoer.

‘n 38-jarige man, wat na bewering die ongeluk veroorsaak het, is op die toneel in hegtenis geneem.

Meer inligting sal volg.

Lees: Kanker eis man slegs 28 dae na huwelik

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button