Atleet hardloop virtuele Comrades Marathon vir Gruen-gesin
Ferdi sy hart oopgemaak en besluit om die gesin in hul nood te help.
Miné Fourie minev@caxton.co.za
‘n Inwoner van Springs, Ferdi van Tonder (41), het Sondag die moordende virtuele Comrades Marathon aangepak en terselfdertyd geld vir die Gruen-gesin ingesamel.
“Toe ek gehoor het van die tragedie wat die Gruen-gesin getref het, het ek besluit om dit as ‘n fondsinsameling aan te pak,” het hy vertel.
Dié twee Gruen broers, Keenan (21), Damian (18) en hul suster, Amber (9), was verlede Maandag in ‘n motorongeluk wat die lewe van Damian geëis het.
Keenan het beserings opgedoen maar Amber se beserings was veel ernstiger en die gesin beskik nie oor ‘n mediesefonds nie.
Lees: Matrikulant se dood bring mense byeen
Talle fondsinsamelingsinisiatiewe is van stapel gestuur om genoeg fondse in te samel om die familie met begrafniskoste en mediese uitgawes te help.
Net soos vele ander het Ferdi sy hart oopgemaak en besluit om die gesin in hul nood te help.
Hy het die wiel aan die rol gesit en ‘n roete begin uitwerk tussen Springs en Brakpan wat 90km behels, met twee waterpunte by verskillende familielede se wonings.
“Op die roete het daar baie kinders, sowel as volwassenes, by my aangesluit,” het hy vertel.
“My twee kinders, Zuré (17) en Ferdi (15) wat saam Damian op skool was, het elk 18km van die roete voltooi.”
Die ondersteuning was merkwaardig.
“Van die 20km merk af het mense ingeval en gerus wanneer hulle moes, net om later weer in te val.
“Daar was ook heeltyd ‘n stoet voertuie wat agter my aangery het. Dit was net ongelooflik hoe die mense my ondersteun het,” het hy gesê.
“Die publiek kon my per kilometer borg en die fondse is direk aan die Gruen-gesin oorbetaal. Die publiek het ook sommer tydens die wedloop kontant geskenk en ‘n verdere bedrag van R7 314 is ook aan die Gruen-gesin oorhandig.
Lees: Hoërskool Die Anker matrikulant sterf in ongeluk
Alhoewel dié Ferdi se vierde Comrades Marathon was het hy nie juis vir dié uitmergelende wedloop geoefen nie.
“Met die inperking het ek miskien een tot twee keer per week geoefen.
“Ek sou sê dat ek minder as 50 persent van die nodige oefening ingekry het. Dit was maar ‘n kans wat ek gevat het,” het Ferdi vertel.
Die vasbeslote atleet het die volle 90km binne 10 ure en 51 minute voltooi.
Meer foto’s:
Atleet samel fondse in vir Gruen-gesin deur virtuele comrades-marathon
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



