Editor's noteLocal newsNews

Motorfiets geesdriftige al brullend verras op sy 65ste verjaarsdag

Hendrik wou net nog een keer die lede van die Ghost Riders klub sien.

Miné van Vuuren minév@caxton.co.za

‘n Inwoner van Brenthurst, Hendrik Groenewald, wat al vir jare ‘n stryd met kanker voer, het onlangs ‘n heerlike verrassing vir sy 65ste verjaarsdag ontvang.

Willene van Staden (43), ‘n huisvriend van Hendrik en sy vrou Belinda (61), het dit goed gedink om Hendrik se verjaarsdag hierdie jaar een vir die boeke te maak.

Hendrik se grootste wens was om nog ‘n keer die lede van die Ghost Riders-klub, waaraan hy reeds vir 20 jaar behoort, saam te sien.

Weens sy gesondheid wat die afgelope tyd agteruit gegaan het, was hy egter nie meer in staat om sy motorfiets te ry nie.

Willene het die bal aan die rol gesit en het vir Yolande Roets (32), die Oos-Rand sekretaresse van die Ghost Riders, op sosiale media gekontak en het binne ‘n halfuur terugvoer gekry dat hul Hendrik sal kom verras.

Met die hulp van Yolande en ander lede van die motorfietsklub is daar gereël dat Hendrik by die woonstelblok waar hy woon, verras word.

Hendrik Groenewald (middel) saam met lede van die Ghost Riders-klub wat gesorg het vir die verrassing.

Die motorfietsklublede en selfs sommige inwoners van die woonstelblok het die dag saam met hom gevier.

“Ons almal het in ‘n afgesperde area gaan staan waar oom Hendrik op ‘n stoel gesit het,” vertel Willene.

“Hy het glad nie geweet wat aangaan nie. Sy vrou het net aan hom verduidelik dat ek vir hom ‘n vroeë verjaarsdag verrassing gereël het.”

Lees: Lekker verrassing op 30ste verjaarsdag

Toe hy weer sien, het die groep motorfietsryers by die woonstelblok opgedaag, natuurlik tot groot vermaak van dié motorfiets geesdriftige.

“Die uitdrukking op sy gesig was ongelooflik en ek sal dit vir altyd onthou,” het Willené bygevoeg.

Hendrik is geluk gewens en selfs op ‘n motorfietsrit geneem.

“Daar is dae dat dit regtig moeilik gaan met sy gesondheid en dan is daar dae wanneer hy weer beter is. Hy baklei baie hard teen die siekte,” het Willene gesê.

Meer foto’s: Inwoner word lekker verras op sy 65ste verjaarsdag

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button