NewsSchools

Toekomstige Dalwers beleef genotvolle oggend

Soos met alles deesdae, moes groot aanpassings gemaak word om by die Covid-19 protokol te hou.

Die Laerskool Dalview het Saterdag sy inligtingsdag vir volgende jaar se graad een leerders gehou.

Geen moeite is egter ontsien nie en die besoekers aan die skool het die deurry (‘drive thru’) inligtingsoggend terdeë geniet.

Lemè Matthee was een van die toekomstige Dalwers wat baie in haar noppies was met die inligtingspak wat sy ontvang het.
Ryna Van Eck (links) en Annemie de Bruyn was op hul pos.
Zandrè van der Merwe was een van die besoekers wat ‘n speelding geskenk het. Die besoekers kon speelgoed skenk en die plan is om die speelgoed, wat bymekaar gemaak is, te reinig en aan ‘n kinderhuis en hospitaal in die dorp te oorhandig.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button