Editor's choiceLocal newsNews

Jong vrywilliger sorg dat diere genoeg liefde kry

Christene spander graag tyd saam met die diere wat bang en onseker is.

Miné Fourie minev@caxton.o.za

‘n Inwoner van die dorp, Christene Venter (17), offer die afgelope jaar haar vrye tyd op om tyd saam met die diere by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Denneweg te spandeer.

“Ek doen dit want ek wil daar wees vir die diere totdat hulle hul nuwe tuistes vind,” het Christene vertel.

“Dis vir my belangrik om tyd te spandeer saam met die diere wat daar gelaat word en wat bang en onseker is.

“Hulle voel verwerp en verwaarloos, daarom wil ek daar wees om weer hul vertroue in mense op te bou.”

Dié jong diereliefhebber spandeer egter nie net tyd saam met die diere nie, maar help ook uit met takies wat gedoen moet word rondom die perseel.

“Ek probeer om elke Saterdag by die DBV uit te kom en die lede te help met takies wat gedoen moet word,” het sy vertel.

“Ek help onder andere om die kosbakke skoon te maak.”

Christene is veral aangeraak deur ‘n sekere vierpotige woef, Bobby, wat deur haar eienaar aan die DBV besorg is.

“Bobby het ‘n ernstige geval van brandsiekte gehad en sy het sommer baie gou diep in my hart gekruip,” het Christene vertel.

“Sy was bitter bang en niemand kon eintlik naby haar kom nie.

“Dit is egter nou al ‘n maand later en vandag is sy die liefdevolste hond met ‘n mooi geaardheid. Dis net ‘n bewys dat met liefde is enigiets moontlik,” het sy bygevoeg.

Die jong vrywilliger het ook vier van haar eie honde vir wie sy onvoorwaardelik lief is.

“Ek het ‘n boxer, ‘n Husky, ‘n Yorkie en ‘n worshondjie by die huis.”

Alhoewel Christene baie geheg aan honde is, is haar gunsteling dier egter ‘n rooikat.

“Ek is mal oor ‘n rooikat se ore en hulle fassineer my baie,” het sy vertel.

Dié jong leerder van Curro Helderwyk se toekomspad is nog nie vir haar heeltemal duidelik nie, maar sy glo dat dit beslis iets met diere te make sal hê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button