Editor's noteLocal newsNews

Verbyry-ooievaarstee bring groot vreugde

Camdin is die paartjie se eerste kind wat op 22 Augustus verwag word.

Miné Fourie minev@caxton.co.za

As gevolg van die inperking maatreëls wat ingestel is weens die Covid-19 pandemie, het ‘n verbyry-ooievaarstee, wat Saterdag in die dorp gehou is, ‘n kreatiewe kinkel gekry.

Die idee om deesdae vinnig deur te ry en ‘n geskenkpakkie of selfs ‘n bederfpakkie af te gee, het baie gewild geraak onder swanger vroue en selfs voornemende bruide.

Daarvan kan Kevin (37) en Alicia (32) Scrooby getuig nadat hulle die naweek, net voor klein Camdin Will se opwagting, ‘n deurry- ooievaarstee aangebied het.

Alicia is 36 weke swanger en met Covid-19 pandemie wat die afgelope paar maande alles kom ontwrig het, was ‘n ooievaarstee nie vir haar beskore nie.

Met die hulp van Alicia se ma, Lorraine Nel (54) en haar jonger suster Michelle Nel (29), het dié drie egter besluit om steeds voort te gaan met die ooievaarstee nadat hulle verskeie idees en opsies op sosiale media bekom het.

Versierings is by hul woning se hek aangebring en selfs ‘n tafel is reggesit vir die nagenoeg 40 verbyry-gaste wat met die deurry die paartjie met ‘n bederfpakkie verras het.

Die nuwe verbyry-idee verseker dat spesiale geleenthede soos verjaarsdae, ‘n kombuistee en ‘n ooievaarstee steeds kan plaasvind en dat mense steeds na hul eie welstand kan omsien.

Daar is ook seker gemaak dat sosiale distansiëring gehandhaaf is en almal het maskers tydens die verbyry-kuier gedra.

Jeremy Naiker het ‘n geskenkpakkie vir Alicia Scrooby afgelewer.
Alicia Scrooby was in haar noppies oor al die geskenkpakkies wat sy ontvang het.
Alicia se ouers Willem (59) en Lorraine (54 Nel, is vreeslik opgewonde vir hul eerste kleinkind se koms.

Meer foto’s: Verbyry-ooievaarstee was een vir die boeke

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button