Inwoners maak self plan met lang gras
Volgens haar is die sypaadjie wat aan die Jan Smuts Dam-area grens maande laas gesny.
Die inwoners van ‘n kompleks in Escombelaan het onlangs self ‘n plan gemaak om die gras op die sypaadjie oorkant hul wooneenhede te sny.
“Ons kon net nie meer teen die lang gras vaskyk nie en dit skep ook ‘n baie swak indruk vir besoekers aan ons dorp,” het ‘n inwoner van die Vollendam Kompleks gesê.
Sy het versoek om anoniem te bly.
“Ons woon in ‘n pragtige kompleks en dit was net nie meer aangenaam of aanvaarbaar om teen die lang gras vas te kyk nie.
“Ons het ‘n tuindiens genader om die gras te sny en inwoners van ons kompleks het bygedra om die kostes daarvoor te dek,” het die vrou gesê.
“Dit help nie om net terug te sit en niks te doen of heeltyd te kla nie. Dit lyk nou weer netjies voor ons plek.”
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



