Local newsNews

Verontagsaming van stoptekens lei tot talle ongelukke

“Dit is net asof die stoptekens nie bestaan nie.”

Drie ongelukke het sedert die begin van die maand op die hoek van Kitzingerlaan en Hylandstraat plaasgevind, danksy motoriste wat die tweerigting stop doodeenvoudig ignoreer.

’n Inwoner wat op dié kruising van die die strate woon sê dit is net ’n kwessie van tyd voordat iemand baie erg gaan seerkry of dat daar ’n noodlottige ongeluk gaan plaasvind.

Volgens Stoffel Kruger (68) is dit ook nie ’n nuwe euwel wat nou kop uitgesteek het nie.

“Die verontagsaming van die stoptekens gaan al vir jare aan en ek kan nie eens onthou hoeveel ongelukke al plaasgevind het nie,” het Kruger gesê.

Die stoptekens is in Hylandstraat, waar dit Kitzingerlaan, wat baie verkeer dra, kruis.

Die padmerke is duidelik, maar een van die stoptekens is ’n geruime tyd gelede al gesteel en nog nie vervang nie.

“Selfs toe die stopteken nog daar was het motoriste versuim om stil te hou.”

Hy vertel dat die jongste ongeluk Saterdag na 4nm plaasgevind het.

Die persoon in ’n bakkie wat nie gestop het nie en die ongeluk veroorsaak het, het weggejaag toe dit die motoris wat in Kitzingerlaan gery het getref het.

Vroeër vandeesmaand het ’n voertuig in ’n vragmotor vasgery en in die ander voorval het ’n jaagduiwel in ’n vrou met ’n jong kind in die motor vasgery.

“Ons verwag enige dag dat ’n motor deur ons heining gaan bars.

“Ons is selfs te bang om ons kleinkind voor in die tuin te laat speel net ingeval,” het Kruger gesê.

Hy is ook van mening dat spoedhobbels dalk ’n uitweg sal wees en is van plan om die wiel aan die rol te sit om so ’n versoek aan die Stad van Ekurhuleni te rig.

“Ons hoor dag en nag hoe mense dood eenvoudig maak asof die stopstrate nie bestaan nie.

“Ons is bewus van hierdie spesifieke kruising, maar dit is ’n algemene tendens van motoriste om stoptekens, veral in Brakpan-sentraal, te verontagsaam.

“Wanneer ek bestuur maak ek baie seker voordat ek ’n pad kruis. Deesdae kan mens nie te versigtig wees nie,” het Kruger gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button