Editor's choiceLocal newsNews

Bring jou kant deur bloed te skenk

Inwoners wat wil bloed skenk kan Saterdagoggend vanaf 9vm tot 3nm ‘n draai by VC Super Spar in Dalview gaan maak.

Die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) moedig mense aan om, ten spyte van Covid-19, steeds bloed te skenk maar Saterdag se bloedskenking sessie dra ’n spesiale boodskap.

Die Herald het onlangs berig oor die 12-jarige Simoné Wasserman wat weens ‘n kroniese siektetoestand ‘n gebrekkige immuunstelsel het.

Dit lei daartoe dat sy elke vier weke medikasie, wat Polygam genoem word, moet ontvang.

Hiérdie medikasie word gebruik om die liggaam se natuurlike verdedigingstelsel (immuunstelsel) te versterk om sodoende die risiko van infeksie by persone met ‘n verswakte immuunstelsel te verlaag.

Die medikasie word vervaardig uit gesonde menslike bloed met ‘n hoë vlak van sekere teenliggaampies, wat help om infeksies te beveg.
Polygam kan van enige bloedgroep vervaardig word.

Simoné se ma, Melanie Wasserman (45), het tydens die eerste onderhoud aan die Herald gesê dat dit sedert Covid-19 bitter moeilik is om Polygam te bekom.

Lees: Kind kan nie terug skool toe weens tekort aan medikasie

“As gevolg van Covid-19 glo ek dat mense in die algemeen minder bloed skenk,” het Melanie vertel.

Sedert die onderhoud, sowat ‘n maand gelede, kon Simoné nog net een dosis medikasie ontvang.

Sy het ook nie weer terug gekeer na Laerskool Die Arend nie, aangesien daar te veel kommer bestaan oor haar verswakte immuunstelsel en die risiko van infeksie.

“Die bloedskenkingsessie is dus ter bewusmaking van die absolute noodsaaklikheid om bloed te skenk,” het Melanie gesê.

“Dit is nie net my kind wat afhanklik is van bloed nie daar is derduisende mense wat bloed vir een of ander rede moet ontvang.

“Om bloed te skenk is om lewe te gee en ek wil graag almal uitnooi om Saterdag te gaan bloed skenk by die VC Spar,” het Melanie gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button