Ondersteun dié liefdadigheidswinkel
Die liefdadigheidswinkel van Hospice Oos-Rand in Brakpan is afhanklik van skenkings van die publiek om hul deure oop te hou.
Alhoewel die weer maar redelik onvoorspelbaar is, is die Lente offisieel hier en is dit ook ‘n goeie geleentheid om huis skoon te maak en van al daardie items wat nie meer gebruik word ontslae te raak.
Die winkel, wat te Prince Georgelaan 369 (skuins oorkant die landdroshof) geleë is, bied ‘n groot verskeidenheid goedere te koop aan, danksy skenkings van die publiek.
Hospice Oos-Rand is ‘n gemeenskapsgebaseerde organisasie wat sorg van hoë gehalte aan terminaal siekes en hul gesinne bied.
Skenkings wat benodig word vir die winkel, sluit in potte en panne, breekware, eetgerei, linne, gordyne, ornamente, mans-, dames- en kinderklere, speelgoed, meubels, elektriese toestelle in werkende toestand, boeke, DVD’s en CD’s.
Die winkel is weeksdae vanaf 9vm tot 4nm oop en Saterdae vanaf 9vm tot 12.30nm.
Lees: Hospice East Rand’s ‘angels’ are dedicated to help
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



