Sussies maak spaarblikkies vol vir die DBV
Dié twee sussies het nooit moed opgegee om hul spaarblikkies vol te kry nie.
Twee sussies van Brakpan-Noord het verlede week by die Brakpan Dierebeskermingsvereniging opgedaag met hul spaarvarkie en ‘n spaarblikkie propvol geld.
Leané (7) en Mianique (4) Klinkenberg se ma, Candice (29), vertel dat die twee sussies groot diereliefhebbers is.
“Dit het hulle baie lank geneem om die spaarvarkie en -blikkie vol te kry maar hulle het nooit moed opgegee nie,” vertel Candice.
Volgens haar het die sussies self besluit om vir die DBV te spaar, maar het hulle ook die nodige aanmoediging en ondersteuning van hul ouers ontvang. Hul pa is Morné (34).
“Dit is belangrik dat kinders weet van die DBV en dat dié organisasie deurgaans hulp van die publiek nodig het,” het Candice gesê.
Mianique het ‘n spaarblikkie, wat sy by ‘n vorige skool-uitstappie na die DBV ontvang het, volgemaak en Leané het ‘n vet groen spaarvarkie vol kleingeld geprop.
“Die kinders het maar sakgeldjies wat hulle by ons en by oupa en ouma gekry het gespaar om sodoende hul doel te bereik.”
Sy sê die sussies kyk mooi na die gesin se twee honde en twee hase.
Lees: Jong vrywilliger sorg dat diere genoeg liefde kry
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



