Editor's noteLocal newsNews

Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

Groter as Goliat kan nou op alle digitale platforms geniet word.

“My musiekloopbaan is my eerste liefde en daardie oomblik moet reg wees. Ek het gewag vir die regte oomblik en die regte ‘song’.”

Só sê die bekende sanger Gerhard Steyn oor sy nuwe enkelsnit Groter as Goliat wat handel oor die liefde en hoe magtig dit is as jy jouself daarmee omring.

“Ek wou ‘n liedjie neerpen om die krag van liefde te beskryf, om die liefde vir my gesin te beskryf. In my vrou se oë vind ek hoop,” het die Baby Tjoklits-sanger verduidelik.

Groter as Goliat kom uit Gerhard se eie pen uit en kan nou op alle digitale platforms geniet word.

Steyn het ook onlangs by Coleske Artists aangesluit en is betrokke by die treffer , Monumentaal, wat die afgelope maand deur Ruhan du Toit (ook deel Coleske Artists) vrygestel is.

“Dit is ‘n nuwe seisoen, nuwe hoofstuk in my lewe waarna ek baie uitsien. Nou gaan ons Groter as Goliat. Ek was 16 jaar by Vonk Musiek en baie dankbaar vir die platform en die pad wat ek saam met hulle kon loop,” het hy gesê.

Kan aanhangers uitsien na vertonings en optredes van die bekroonde sanger?

“Ek kan nie wag om voor honderde en duisende mense op te tree nie, maar op hierdie stadium is ons nog beperk tot 50,” het hy vertel.

Die immergewilde sanger is ook op Erfenisdag deel van die produksie, Monumentaal, wat regstreeks aanlyn gestroom sal word.

Ook deel van die produksie is Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Ruhan du Toit, Adam Tas, Ricus Nel, Jay, Dewald Wasserfall, Ivan Roux, Riaan Benadé en Ghapi.

As Gerhard nie besig is om liedjies te skryf of voor die TV-kameras is nie, geniet hy sy vrou, Zelri,en twee spruite, Zardi (3) en Zanique (10 maande) se geselskap by die huis.

Verder is hy die mede-eienaar van die gewilde kuierplek in Boksburg, Live@Wildebeest wat sy deure drie jaar gelede oopgemaak het toe hy besluit het om sy drome na te volg.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button